top of page
cassidy-rowell-aawzgWHBhfE-unsplash.jpg

Pastorale Ondersteuning

Heelwording en volwassenheid

Gespreksgeleenthede oor Treur en Verlieshantering

 

5 - 26  Februarie 2025

Inskrywing by kerkkantoor

‘n Inisiatief van die Pastorale Ondersteuningsdiens

 

“If life is a school, loss is a major part of the curriculum. We eventually lose everything we have, yet what ultimately matters can never be lost. If you truly want to grow as a person and learn, you should realize that the universe has enrolled you in the graduate program of life, called loss.”

Só skryf Dr Elisabeth Kübler-Ross, wêreldbekende skrywer en psigiater in die boek, “Life Lessons”, wat in 2000 gepubliseer het.

Omdat verliese byna altyd te make het met die verhoudings waarin ons leef, beïnvloed verliese sulke verhoudings op verskillende vlakke. Dit is daarom noodsaaklik om aandag en erkenning te gee aan die kompleksiteit en uniekheid van hierdie verhoudings.

Verder bring die ideosinkratiese aard van elke persoon se reaksie op verliese mee dat ervarings van verlies nie met ‘n ander persoon se ervarings vergelyk behoort te word nie. Dit is ook nie verantwoordelik om eenvoudige, voorskriftelike antwoorde te probeer gee op die talle onbeantwoorde vrae wat verliese in ons gemoed en gedagtes lewendig maak nie.

Die komplekse en veeleisende aard van die treurproses veroorsaak dat dit ‘n moeisame en tydsame reis word waarvoor ‘n mens nie noodwendig voorbereid is nie. Wanneer ek of jy dan treur oor ‘n verlies, moet ons erken dat dit vir my en jou onbekende terrein is. Niemand is regtig ‘n kenner met betrekking tot verlies en die hantering daarvan nie.

En tog is daar veel te leer van die lewe juis in ons ervarings van verlies. Wanneer ek dit sou waag om my ervarings met ander te deel, ontdek ons in ons gedeelde worsteling dat ek op dié manier treur waartoe ek op hierdie oomblik in staat is. Daar is nie ‘n voorskrif of ‘n normatiewe tydsverloop daaraan gekoppel nie.

Daar word vier (4) geleenthede vir gesprek en nadenke oor verlies en die hantering daarvan geskeduleer gedurende Februarie 2025. Hierdie gespreksgeleenthede begin op Woensdag,

5 Februarie, met ‘n ontmoetingsgeleentheid om 19:00-20:30 by die NGK Kenridge, h/v Maestrichtstraat en Van Riebeeckshofweg, Bellville. Dit word dan opgevolg met verdere gesprekke op 12, 19 en 26 Februarie.

Almal is welkom om dit by te woon en om deel te neem. Indien jy belangstel en dit oorweeg om by hierdie gespreksgeleenthede in te skakel, kan jy asseblief met Teresa Visser by die kerkkantoor gesels (021 913 4206 x1), of met Ds. Jurie Gouws (072 225 7585) ten einde in te skryf vir hierdie gespreksgeleenthede.

Ons wil graag ‘n aanduiding kry van die hoeveelheid persone wat dit gaan bywoon, sodat die korrekte hoeveelheid materiaal voorberei kan word.

 

Om te treur, is menslik;

Om alléén te treur, is on-menslik.

priscilla-du-preez-5s07Z1h2EE8-unsplash.

Skakel in

Word deel van ons gemeente en hierdie bediening - kontak ons by die besonderhede hier langsaan.

Kontak ons

Naam: Jurie Gouws
Nommer: 079 484 8191
Epos: jurieg@ngkenridge.co.za

bottom of page