top of page
Kontak
Kerkkantoor
Telefoon: (021) 913-4206
E-pos: kantoor@ngkenridge.co.za
Kantoor ure: Maandae tot Donderdae 09:00 -16:00
Vrydae 09:00 - 13:00
​
Fisiese Adres: Maestrichtstraat 2, De Bron, Bellville
​
Aanwysings
Vrae en vorms
Vrae en vorms
-
Hoe registreer ek as 'n nuwe intrekker?Welkom by Kenridge Gemeente. Vul asb. die nuwe intrekker vorm in sodat ons jou op ons databasis kan plaas (dan bly jy op datum met gemeente nuus) en jou lidmaatskap kan aanvra. Indien jy enige ander vrae het kontak gerus die kerkkantoor. > Laai nuwe lidmaatvorm af.
-
Hoe werk die doopproses?Ons doop die 1e en 3e Sondag van elke maand. Doop registrasie moet asseblief teen die 15e dag van die maand, wat die doop voorafgaan, gedoen word. Vul asb. die doop registrasie vorm in die vorm kan dan aangestuur word na: kantoor@ngkenridge.co.za. Die leraar wat die diens lei, sal met die ouers ‘n doopgesprek hou. Doophandleidings vir die gesprek kan by die kerkkantoor afgehaal word. Indien jy enige ander vrae het kontak gerus die kerkkantoor.
-
Hoe registreer ek vir belydenisaflegging?Belydenisaflegging word gewoonlik gedoen as die jongmens in Graad 12 is. Twee geleenthede word gedurende die jaar uitgesit vir die jongmense. In graad 10 doen ons die belydenis kamp en in graad 11 is die belydenis klasse op Sondae. Vir meer inligting kontak Christi Thirion.
-
Kan ek een van die gemeente se lokale huur?Ja, jy kan. Alhoewel kerkaktiwiteite voorkeur kry, word ons fasiliteite wel uitverhuur indien daar beskikbaarheid is. Skakel asb. die kerkkantoor vir meer inligting. > Laai die lokaal bespreking vorm af.
bottom of page